Persverklaring gerig tot FW de Klerk

Aan mnr. F.W. de Klerk

Voormalige Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika

Meneer De Klerk,

Vandag is ‘n aantal Christen Boere-Afrikaners langtermyn gevangenisstraf en die res mindere strawwe opgelê vir "hoogverraad", omdat hulle ons volk op onkonstitusionele wyse wou ontset van ‘n volksvreemde regering en Grondwet.

Elkeen van daardie vonnisse kom jou persoonlik toe, want JY is die werklike verraaier wat ons volk met lis en bedrog aan ‘n vyandige mag onderwerp het toe jy jou Presidensiële eed om "die Grondwet en alle ander reg van die Republiek (te) gehoorsaam, eerbiedig, handhaaf en onder­hou" verbreek het toe jy, in stryd met die land se Grondwet, ‘n "Nasionale Oorgangsraad" geskep het wat besluite van die Kabinet as hoogste Uitvoe­rende Gesag kon veto, en daarna ‘n kieswet deurgevoer het wat die politieke mag oor ons vaderland onherroeplik in die hande van die swart meerderheid geplaas het.

Dat jy geen hek geskep het waardeur die Boer-Afrikanervolk op ‘n konstitusionele wyse uit dié bedeling kan ontsnap nie, toon jou bose opset teen ons volk.

Bo en behalwe hierdie manne wie se lewens verwoes is, stapel die skuld vir elke slagoffer van ‘n plaasaanval, vir elke Witman wat werkloos is omdat hy wit is, vir die groot nuwe armblankedom, vir elke emigrant wat na die buiteland uitgewyk het, en vir wat nog vir ons volk wag ná die skepping van jou "Nuwe Suid-Afrika", op jóú kop.

Jy kan maar voortgaan om in die openbaar met bravade te verklaar dat jy dieselfde sou gedoen het as jy weer die keuse sou hê, die gemors waarin jy Suid-Afrika en die Afrikanervolk gedompel het, is vir ieder en elk sigbaar.

Mag jy nog ‘n lang lewe hê om die gevolge van jou laagverraad teen die Afrikanervolk en die Blanke beskawing in Suid-Afrika te aanskou.

Andries Breytenbach

Leier van die HNP en Voorsitter van die Boere-Afrikanervolksraad