Pakendorf kry loesing

In ’n TV debat van Kyknet, genaamd Dagbreek, het die behoudende Sunette Bridges die ultra-linkse Harald Pakendorf ’n afgedankte loesing gegee, deur hom te oorspoel met basiese feite oor die volksmoord wat plaasvind.

Parkendorf het haar telkens probeer oordonder, deur haar in die rede te val wanneer sy aan die woord is, en daarmee sy hele geloofwaardigheid prysgegee.

Die aanbieder het ook probeer om opmerkings te maak om die linkses se standpunte te versterk, maar dit was so opvallend dat geen regdenkende dit as feitelike inligting beskou nie.

Pakendorf wou te kenne gee dat dit maar net gewone moorde is weens diefstal, waarop Bridges hom met soveel feite toegegooi het dat hy uiteindelik probeer het om sy swak argumente te verberg deur te kenne te gee dat Mbeki die fout gemaak het om die kommandostelsel af te skaf.

By geleentheid wou die aanbieder weet hoeveel mense verteenwoordig word deur Bridges, waarop Pakendorf ewe grootdoenerig ’n tussenwerpsel gemaak het van “slegs ’n paar 100 tydens ’n optog”.

Bridges het daarop geantwoord dat daar reeds meer as 30,000 mense haar petisie onderteken het.

Wat nie ter sprake gekom het nie, is hoeveel mense deur Pakendorf verteenwoordig is met sy bedenklike siening dat die volksmoord nie georganiseerd plaasvind nie.