Ondersoeke na bloulig motors


Die polisiekommissaris het ’n spesiale taakspan saamgestel om die ongeveer 250 dossiere oor bloulig-bendes en hul rooftogte te ondersoek.

Die polisie het Maandag in ’n verklaring gesê polisiekommissaris Riah Phiyega is bekommerd oor die toename en modus operandi van hierdie rooftogte.

Daarom het sy ’n multi-dissiplinêre span van speurders, uniform-lede, misdaadintelligensie lede en ’n afgetrede speurder aangestel om dit te ondersoek.

“Ons het met kommer opgemerk dat hierdie tipe rooftogte, gepleeg deur mense in polisie-uniforms en / of blouligte op hul voertuie, het die afgelope paar maande in Gauteng toegeneem het,” het lt.genl. Solomon Makgale, nasionale polisiewoordvoerder, gesê.

Die taakspan het onderhoude met slagoffers gevoer en sake geanaliseer om die misdrywe beter te verstaan.

Die gevolgtrekking is dat die misdrywe opportunisties van aard is en gewoonlik snags in swak beligte areas gebeur.
“In sommige gevalle word besigheidsmense wat met baie kontant reis, op pad of vanaf die bank aangeval. Ander word van die lughawe af gevolg en dan by hulle bestemmings beroof.”