Olifantslagting dalk gestop

In die Zimbabwe natuurreservaat, Hwange, is reeds 128 olifante dood aan sianied-vergiftiging om die olifant tande te steel.

Die afgelope naweek is nie minder as 12 olifante se karkasse gevind nie.

Kenners meen dat die olifantbevolking in Zimbabwe eersdaags uitgewis sal wees teen die huidige tempo van vergiftiging.

Die gif word in die soutblokke gesit wat in die veld geplaas word om as aanvulling te dien vir die diere.

Die huidige uitwissing word beskou as die grootste slagting van olifante, in die ganse geskiedenis van Afrika.

Aasvoëls wat aan die karkasse gevreet het, is ook dood. Na raming het meer as 400 aasvoëls reeds gevrek.

Vier stropers is gevang wat blykbaar verantwoordelik was vir die massa vrektes.