Hazeyview misdaad mekka?


Terroriste het vir die soveelste keer op vakansiegangers in Hazyview toegeslaan.

Die slagoffer, ‘n man en vrou, is tussen 01:00 en 02:00 in hule chalet by die Timamoon Lodge op die Sabiepad deur vier rowers oorval. Die paartjie is op die bed vasgemaak en die rowers het met die chalet se sleutels, ‘n iPad, iPhone, juweliersware en klere die bosse in gevlug.

Die rooftog volg op ‘n vlaag van aanvalle die laaste tyd in die gebied.

Twee vermeende lede van ‘n bende wat koorlede en onderwysers van die Laerskool Hennopspark in Centurion op 3 oktober by die Aan de Vliet-oord beroof het, is verlede week gearresteer. Op dieselfde dag is Paul Mason op sy plaas naby Sabie vermoor.

Twee dae later is ‘n 32-jarige swanger vrou en haar kollega by die Tatenda-gastehuis in Hazyview verkrag. Gaste van die Krugerpark Lodge is op 9 Oktober oorval en o.m. van ‘n iPad beroof.

Die eienaar van die iPad kon dit elektronies opspoor. Die taakspan het op die inligting gereageer en die verdagte met die rekenaar steeds in sy besit betrap. Later is een van sy makkers ook aangekeer.