Geskenke aan parlementslede

Die een verklaar ’n olifant, die ander het beeste gekry, ’n derde het alkohol ontvang, en ’n vierde het spog sigare gekry.

Dit is bekend gemaak deur die Minister van sogenaamde “ledebelange”

’n Register word gehou van wie wat besit, en wat gedurende die jaar ontvang is om verskillende redes.

Van die parlementslede was daar ’n hele aantal wat erken het dat hulle uitnodigings gehad het na die omstrede Gupta-troue.

Kgalema Motlanthe, die adjunk president, het sowat 60 geskenke ontvang. Dit

Is boeke, braaitange, sjampanjeglase, sigare en wat nog alles.

’n Cope lid, ene Thozamile Botha, verklaar hy besit 22 eiendomme, onder meer 15 woonstelle in Port Elizabeth.

Oudminister Tokyo Sexwale het sewentien direkteurskappe verklaar.

’’n Voormalige parlementslid wou spottenderwys weet of die president sy “Zumaville” verklaar het.