Die koudste plek in die land

Die Oos-Kaapse dorpie, Molteno, word as die koudste plek in Suid-Afrika beskou deur die SA Weerdiens.

Sowat 20 km buite Molteno, op die plaas Buffelsfontein, word die temperatuur gereeld nagegaan op die Weerdiens se toerusting wat daar geïnstalleer is.

Die rekord temperatuur was vir baie jare -18,6 grade Celsius.

Die meting was op 28 Junie 1996 gedoen.

Op 23 Augustus vanjaar het die kwik gedaal tot -20,1°C. Dit is ’n nuwe rekord vir Suid-Afrika.

Die meegaande kaart gee ’n aanduiding waar die dorpie geleë is, maar dui ongelukkig nie aan dat dit aan die voet van die Stormberge is nie.