Beskerm honde teen katgriep.


Mense word aangeraai om hul honde teen katgriep te laat inent nadat daar skielik ‘n toename was van die siekte in Pretoria.

Inenting is die enigste oplossing om katgriep te keer. Dr. Henry Annandale, direkteur van kliniese dienste by die Onderstepoort-hospitaal van die Universiteit van Pretoria se veeartsenykunde, het gesê meer katgriep-gevalle word in die somermaande gesien.

By dié hospitaal word die meeste gevalle van katgriep jaarliks in Oktober gesien. Erge diaree met donker of bloederige stoelgang saam met die braking veroorsaak vinnige ontwatering. Die honde kan binne twee dae doodgaan.