Amerika sink

Ondanks die feit dat Amerika sy skuld verhoog het en die regering mankend voortgaan, is die VSA lank nie uit sy probleme nie, want die land weier om die onderliggende probleme in die gesig te staar.

Dít is die mening van ‘n ekonoom,  prof. Rodney Shakespeare.

Sy boodskap aan die wêreld is: "Gaan aan met julle lewens en gee pad van hierdie korrupte, verouderde bestel wat nie langer bevoeg is om genoegsame leierskap te openbaar nie."

Op ‘n vraag of dit nie goeie nuuus is dat Amerika nie op sy skuld gaan wanpresteer nie was sy antwoord dat dit niks beteken nie. Al wat gaan gebeur is dat die Republikeine en Demokrate wat in wese nie van mekaar verskil nie, net meer vergaderings gaan hou.

Maar te midde van die vergaderings is daar drie belangrike kwessies wat nooit bespreek gaan word nie, en dit is:

Om die militêre begroting wat buite beheer is, te sny sodat dit ongeveer ‘n tiende is van wat dit nou is, om dit in lyn te bring met ander vergelykbare lande .

Hulle het werksgeleenhede na 56,000 buitelandse firmas oor die afgelope 11 jaar uitgevoer. Dit is gelyk aan werk vir 5 miljoen mense – en elke werk skep nuwe werk vir drie ander.

Dit is ongeveer 15 miljoen werksgeleenthede wat nie verlore is.

En die belangrikste ding wat hulle nie in hulle talle vergaderings oor tee en koekies gaan bespreek nie – en dit is die kernprobleem – is hulle korrupte banksisteem, met die Federale Reserwe Bank as die kern. Pleks om dit in die gesig te staar, gaan hulle die armes beskuldig.

So, niks is opgelos of aangespreek nie. Hierdie optrede sal voortgaan totdat die dollar binne die volgende jaar of twee tot ‘n val kom.

Die wêreldgemeenskap moet hom nie gevange hou deur ‘n sg. huishoudelike rusie in Amerika nie. Elkeen moet voortgaan en sy oog op sy eie sake hou. "Ek is bly om om te sien dat BRICs hulle eie optiese veselkabel skep, wat banksake vry van die Weste sal maak," sê hy. 

Hulle moet net een verdere stap neem en dit is om weer verskillende nasionale en sentrale banke te skep, wat rentevrye geld uitreik.

In plaas van rente, kan hulle onder mekaar ander winsgewende ooreenkomste aangaan.

Hulle moet besef dat die Weste se ekonomiese en politieke mag kwyn.

En soverre as wat dit Amerika se morele outoriteit betref? Vergeet dit asseblief. Hulle versprei giftige uitgewerkte plutonium; val soewereine lande binne; organiseer binnelandse en buitelandse sluipmoorde. Hulle besit nie ‘n greintjie moraliteit nie.

Elke land moet so ver moontlik van hulle wegbeweeg, Amerika, saam met Saoedi Arabië, Israel, Quatar met hulle poedels Brittanje en Frankryk, is nou verwerplike piranhastate. Niks wat hulle doen toon leierskap of is navolgingswaardig nie.