Alweer ‘n terroriste aanval

Nog ’n terroriste-aanval, hierdie keer in Bloemfontein, het die lewe van mev. Susan Olivier (60) geëis.

Die vermoede bestaan dat sy reeds Dinsdag vermoor is. Haar lewelose liggaam is gevind, deur haar seun, waar sy in ’n plas bloed, in haar woonstel, gelê het.

Oltan Olivier, haar seun, het op haar afgekom nadat hy van haar vriende verneem het dat hulle nie reaksie kry op hulle oproepe nie.

Dit blyk dat mev. Olivier se keel afgesny is.

In ’n onderhoud met Die Vryburger, het ’n woordvoerder van Projek 2010 gesê dit is opvallend dat daar so baie blankes nou vermoor word deur terroriste wat die slagoffer se keel afsny.

Die woordvoerder sê die moontlikheid word al sterker dat die terroriste deel is van ’n goed opgeleide terroristegroep soos Al Kaïda., het hy gesê.

Dit is opvallend dat daar in die geval van die egpaar in Barkly-Oos, sowel as in die geval van mev. Olivier, niks gesteel is nie, en dat al die slagoffers se keel afgesny is.

“Dit laat die indruk dat die terroriste so barbaars en wreedaardig as moontlik optree om die res van die volk paniekerig te maak,” het hy gesê