Hospitaal agterlosig; man dood.


Bossie Barnard (42) van Rustenburg is dood, kort nadat hy uit die hospitaal ontslaan is vir ‘n skietwond aan sy been.

Barnard het gaan koeldrank koop by ‘n vulstasie toe hy deur terroriste wat besig was om die kitsbank by die vulstasie op te blaas, in die been geskiet is.

Hy is in die Rustenburgse hospitaal dood, kort nadat hy daar ontslaan is.

Die oorledene se broer Piet het gesê dat hy nie kon glo dat sy broer so gou ontslaan is nie, veral terwyl sy wond nog erg gebloei het.

Barnard se werkgewer, Chantél Dannhauser het hom na die aanval by die hospitaal besorg en hom weer gaan haal toe hy ontslaan is. Sy het eers gesukkel om ‘n rolstoel vir hom te kry en net toe hy buite kom het hy inmekaar gesak.

Hoewel hy weer direk in die hospitaal opgeneem is, het hy ‘n bietjie later gesterf. Die lykskouing het bepaal dat hy ‘n bloedklont in die long gehad het.

Die vyf moordverdagtes is nog nie aangekeer nie.