Ek sien dit so!


Deur al die slegte dinge waarmee ons in Suid-Afrika gekonfronteer word, is dit tog soms toonomkrul-lekker om iets te aanskou soos die snelle verval van een van ons volk se grootste en haatdraendste vyande ooit, Engeland.

Neelsie se oog het toevallig ‘n stukkie van die krieketwedstryd tussen Suid-Afrika en Pakistan op televisie gevang. Die wedstryd is gespeel in Edgbaston, maar enigiemand wat vooraf sou raai dat dit in Lahore gespeel is, sou beslis nie verkwalik word nie. Die stadion was gepak, daar was seker ‘n volle honderd Suid-Afrikaners(wat die span en sy hele toergeselskap insluit)en reken ek, so honderd bleeksiel Britte, die res was Pakistanse ondersteuners.

Dit het Neelsie nogal laat besef dat die stories wat die rondte doen dat Engeland oorstroom word deur Moslems geensins oordryf word nie. Ou Neelsie weet dis seker lelik, maar hy kan nie anders as om in sy mou te lag vir die nasate van die moorddadige Britse weermag wat ons vroue en kinders verniel en koelbloedig vermoor het tydens die Engelse-Oorlog nie. Dan praat ek nie eens amper van die derduisende Afrikaners wat daardie land hul tuiste gemaak het en tot vandag nog vir ons wil laat weet dat hulle ‘n baie beter lewe daar in die land van die Boerehater geniet nie. Geniet julle “nuwe landjie”, ek sal maar hier aan die Suidpunt van donker Afrika veg vir Vryheid binne hierdie land waarvoor my voorouers gestry het. Hulle, ons voorouers, was gewillig om te veg sodat ons hierdie land in veiligheid mag bewoon, en nou dat dit ons beurt is om vir ons nageslagte te veg, hardloop almal na die land waar Afrikaans seker ‘n vloekwoord is.

Dit laat my wonder, hoeveel Ja-stemmers en/of hul kinders het oor die waters getrek toe hulle sien dat hul erg drooggemaak het? ‘n Nee-stemmer wat die pad gevat het kan dalk nog onder die regte omstandighede vergewe word. Maar ‘n Ja-stemmer? Veral ‘n Ja-stemmer wat van ver oor die waters kort-kort ‘n eiertjie te lê het oor hoe blanke Suid-Afrikaners oor hul rassisme moet kom en hande vat met ‘n spul terroriste, nee wat, ek hoop van harte dat ek eendag diens doen by ons eie, vrye staat se hekke. Daardie oud-Afrikaner met sy string Ingelse kindertjies moet liefs omdraai voor hy eens die hek sien. Neelsie gaan nie naastenby so vriendelik en vergewensgesind wees soos wat die breë spektrum Afrikaner vandag is terwyl ons uitgemoor word nie.

My punt is eenvoudig dit, as jy van sport hou, kyk dit. Volg net hierdie paar reëls. Moenie dat dit belangriker word as jou eie mense se stryd om oorlewing nie. Moenie net die bal volg nie, kyk verby die speelveld en maak notas van wat in die skare mense aangaan. Moenie kwaad raak vir die skeidsregter nie, bêre daardie uitbarstings vir die dag wanneer jou gesin in gevaar verkeer. Laastens, daardie beker wat “jou” span dalk wen, gaan nie die terroris wat jou wil martel minder barbaars laat voel nie. Mense sal jou probeer flous met stories van Nasiebou en Versoening, daardie woorde beteken niks as die lewelose lyke van jou kinders in ‘n poel bloed langs jou lê nie. Kras? Nee, dis die realiteite van hierdie sogenaamde Reënboognasie waaraan meeste Vaakrikaners so hard probeer vasklou.

Boeregroete,
Kordaat Neelsie