Wie en wat is die Demokratiese Alliansie werklik


Alhoewel die Demokratiese Alliansie (DA) in sy huidige vorm as ‘n relatiewe nuwe party gesien kan word, kan sy wortels teruggespoor word na die Progressiewe Party van Helen Suzman, wat gestig is in 1959 toe die ver-links liberale lede van die destydse Verenigde Party (Sappe) wegbreek, omdat hulle nie kon saamleef met die onvermoë van die VP om ‘n alternatief tot die Nasionale Party se apartheidsbeleid te bied nie.

Helen Suzman is gebore Helen Gavronsky, die dogter van Litaus Gavronsky , ʼn Joodse immigrant.

Die Progs, soos hulle in die volksmond bekend gestaan het, het grondwetlike hervorming, ‘n onafhanklike wetgewer en die beweging na federalisme voorgestaan wat die voorloper sou wees vir die bestel wat vandag in die RSA van toepassing is. Genoegsame bewyse is opgeteken waar die Progs ʼn neiging openbaar het ter ondersteuning van kommunisme via die skakels wat gevind is met ANC/SAKP lede wat destyds in die buiteland woonagtig was.

In 1961 is slegs Helen Suzman verkies tot die parlement, en vir 13 jaar was sy die enigste opponent van die volksgerigte NP van daardie tyd. Sy het nie gehuiwer om uiterste linkse beleidstandpunte te propageer nie en was dikwels in die geselskap van liberale buitelanders.

Van 1971 was Colin Eglin die leier van die party, sonder dat hy self ‘n lid van die parlement was. In 1974 het die party ses setels in die Volksraad verower, met ‘n sewende in die tussenverkiesing in Pinelands kort daarna.

In 1975 het die party saamgesmelt met die Reformiste Party, nog ʼn linkse party wat ook weggebreek het van die Sappe (VP) om die Progressiewe Reformiste Party (PRP) te vorm.

Twee jaar later het nog lede wat weggebreek het van die VP die Komitee vir ‘n Verenigde Opposisie gestig, wat daarna by die PRP aangesluit het om die Progressiewe Federale Party (PFP) te vorm.

Die PFP het hoofsaaklik steun verkry van uiters liberale Engelssprekende Suid-Afrikaners.

Almal was gekant teen die beleid van ʼn vrye Republiek en Afsonderlike Ontwikkeling waar alle volke in afsonderlike lande oor hulleself kan regeer.
Frederik van Zyl Slabbert, PFP-leier sedert 1979, het bedank vanuit die parlement in 1986 omdat dit, volgens hom, irrelevant geraak het. Later het hy die Institute for a Democratic Alternative for South Africa (IDASA) gestig. Hy het ook in Julie 1987 ‘n leidende rol gespeel in die ontmoeting tussen ‘n groep Afrikaanssprekendes en die ANC in Dakar.

Hy is opgevolg deur Colin Eglin. Die PFP se rol as die amptelike opposisie is oorgeneem deur die Konserwatiewe Party nadat die PFP ‘n groot nederlaag in die parlementêre verkiesing op 6 Mei 1987 gely het.

Die verkiesingsnederlaag het baie PFP-leiers die waarde van deelname in ‘n parlement gereserveer vir blankes, laat bevraagteken. Sommige van die party se parlementslede het die party verlaat om by die Nasionale Demokratiese Beweging (NDM) aan te sluit. In 1987, kort voor die verkiesing, is die Onafhanklike Party (OP) van Denis Worrall ook gevorm, wat die liberale opposisie verder verdeel het.

Na die verkiesing van 1988, het die nuwe PFP-leier Zach de Beer onderhandelinge met die Onafhanklike Party en die NDM voltrek en het die partye saamgesmelt om die Demokratiese Party te vorm in 1989. Die Demokratiese Party het voortgegaan om 33 setels in die verkiesing op 6 September 1989 daardie jaar te wen.
Die Nuwe Nasionale Party (NNP) het toe reeds so gekwyn vanweë sy beleidlose rigting, dat sy ondersteuners oorgeloop het na die DP. Die kleiner Federale Alliansie het ook later saam met die DA gesmelt.

Uiteindelik sou die NNP en die DP saam met ander kleiner groepering in alliansie gaan teen die ANC wat toe reeds sedert 1994 die bewind oorgeneem het.
Die brose alliansie het slegs gehou tot 2001, toe die NNP vanuit die alliansie onttrek het om ‘n nuwe alliansie met die ANC te vorm. Dit het ook ʼn einde gebring aan die linkse NNP onder leiding van die uiters onbekwame Van Schalkwyk, wat die bynaam “Kortbroek” gekry het.

Uiteindelik sou Helen Zille in 2007 die leisels oorneem. As voormalige lid en ondersteuner van die revolusionêre Black Sash beweging, die End Conscription Campaign en as joernalis van die Rand Daily Mail het sy die eerste tree gegee na die ver-linkse politieke loopbaan. Dit is alom bekend dat Zille, soos haar voorgangers, ʼn besondere liefde openbaar vir anderskleuriges.

Tot en met 1993 was die Party die linkse anti-Afrikaner se politieke tuiste. Die Party sou later die liberale Afrikaners, saam met anderskleuriges kon huisves in die tuiste van die jarelange vyandige Engels georiënteerde DA onder die dekmantel van demokrasie soos wat die naam aandui.
Hierdie politieke party was sedert sy ontstaan, tot vandag, waarskynlik een van die grootste vyande van die Boere-Afrikaner en kan met hulle dubbelpraat beleid, nooit vertrou word deur denkende mense nie.

(Foto – Helen Suzman)