R650 miljoen pensioen nie uitbetaal


Die onopgeëiste pensioengeld beloop tans sowat R650 miljoen wat in die Staatsdiens se pensioenfonds lê.

Joel Ramatlhape, inligtingshoof van die agentskap wat die Staat se pensioenfonds administreer (GPAA), by geleentheid bekend gemaak dat die bedrag onopgeëis is.

Nou gaan ’n private opsporings-agentskap wat aangestel is om die begunstigdes van miljoene Rand te probeer opspoor.

Hy het ook verduidelik dat dit hoofsaaklik geld is wat nie geëis word nie deur mense wat die staatsdiens verlaat, waarvan ’n groot deel mense is wat gedros het. ’n Deel van die geld is ook van begrafnis voordele wat nooit opgeëis is nie.

Pensioenfonds bestuurders en ander waarnemers het hulle kommer uitgespreek oor die redes wat aangevoer word vir die opsporing van mense.

“moet mense wat gedros het by sy werk, nou teen koste opgespoor word om sy verlore pensioenbydraes uit te betaal. Dit skep geleentheid vir grootskaalse korrupsie, word gesê.