Hoe goed is tegnologie in klaskamers?


Ernstige bedenkinge bestaan onder opvoeders oor die voordele van die iPad en ander toerusting in die klaskamer.
Die aanvanklike gedagte dat die stuk tegnologie net voordele inhou, is n mite wat onder ouers, kinders en onderwysers se aandag gebring moet word, sê ’n opvoedkundige van Pretoria.
Leerlinge behoort hoogstens 2 uur per dag blootgestel te word aan die hoër tegnologie ten einde ’n gebalanseerd groot te word.

iPads se soet en suur lyk soos volg:

Voordele
* Kinders kan vinniger navorsing doen.
* Handboeke kan van die internet afgelaai word.
* Bespaar papier.
* Visuele stimulasie.
* Skoolwerk word soos ’n speletjie.
* Duisende opvoedkundige toepassings om kinders met hul skoolwerk te help.

Nadele
* Te veel blootstelling aan tegnologie beïnvloed kinders se slaappatrone.
* Maak hulle lui omdat inligting maklik verkry word.
* Beïnvloed skryfvaardighede.
* Sosiale vaardighede word geknou omdat hulle nie met ander praat nie.
* Al hoe meer is oorgewig weens baie tyd voor die TV en rekenaars.
* Christelike Volkseie leerplanne kom in gedrang en word met volksvreemde planne vervang.