Pragtige Maanblom .. Brugmansia


Hierdie Maanblom is familie van die Solanceae spesies. Hul dra groot, welriekende trompetvormige blomme. . Die blomme word ook “angle’s trumpets” genoem.

Die Maanblom klassifiseer onder struike of klein bome. Hul word 3 – 11 meter hoog. Die blare van die plant is ook groot, 10 – 30 cm lank en 4 – 18 cm wyd en het ’n sterk aar in die middel en is ook effens harig. Die blomme is 14 – 50 cm lank en kom in wit, geel, pienk, oranje, groen of rooi voor. Daar is ook van die plante wat dubbel blomblare het. Die geur van die plante is sterker in die laatmiddag en aand. Seker waar die plant die naam “Maanblom” vandaan kry. (Die rooi maanblom het nie dieselfde sterk reuk nie). Seker ook daarom die naam “Maanblom”. Hulle hang in trosse aan die takke van die struik. Die Maanblom vertoon pragtig in ons tuine. Die plant sal eers blom wanneer hy sy eerste “vurk” in die stam maak, so 80 – 150 cm hoog.

Die Maanblom kom oorspronklik van die tropiese gebiede in Suid Amerika, Venezuela, Chile en Brazil af. Ons kry hul natuurlik ook in Suid-Afrika.. Ons kan hul ook in potte plant waar hul baie mooi vertoon. Hierdie plant lok skoenlappers na ons tuine. Hierdie plant groei maklik in klam toestande en kan in volson of gedeeltelike skadu geplant word. Hul blom oorvloedig in die lente en blom vir ’n lang tydperk tot in die vroeë winter in warm klimate. Hulle hou ook van warm dae en koeler nagte.

Die plant was uiterlik gebruik om velkwale, pyn, artritis, hoofpyn en infeksies te help genees. Hierdie plant is toksies en dit is soos ’n dwelm en moet nie mondelings gebruik word nie! Die blare en sade is baie giftig. Daar is sommige munisipaliteite wat ons verbied om hierdie plant in ons tuine te plant.

Die ou inboorlinge van Suid Amerika het dit met bier en tabakblare gemeng en dit gebruik om hul vrouens en slawe te bedwelm voordat hul lewendig begrawe is!!

Dit is nou maar eenmaal ’n struik met pragtige blomme. Ons hoef dit nie te eet of drink nie, ons kan dit net bewonder.

Tuingroete tot volgende keer