Die wreedheid van Afrika


’n Witrenoster ma en kalf is verlede Vrydag in die Krugerwildtuin in die omgewing van die Satara-ruskamp afgemaai.

Die koei het meer as 500 meter gevlug nadat haar kalfie deur stropers doodgeskiet is. Die koei is uiteindelik ook ingehaal en doodgeskiet.

SANParke het gister die twee karkasse aan die media gewys.

Mnr. Frik Rossouw, voormalige polisiebeampte en tans senior ondersoekbeampte van SANParke se misdaad-taakspan, sê die ma was 15 of 16 jaar oud en het gevlug nadat haar kalfie van ’n jaar oud doodgeskiet is.

Die ma is twee skote geskiet, en blykbaar met twee verskillende kaliber gewere.

Rossouw het gesê die wreedheid in Afrika is waarskynlik uniek in die wereld.