Die wonder van die natuur.


Hier in die bosveld waar ons woonagtig is, is ‘n hele aantal voëlspesies.Daar is alreeds 37 verskillende spesies geidentifiseer. Onder andere is hier verskeie Suikerbekkies en ek en my vrou het besluit om ‘n water drinkplek aan hulle te voorsien. ‘n Mengsel van suiker en kleurmiddel word in ‘n houer aangemaak en dan in ‘n spesiale ontwerpte houer gegooi wat drie klein gaatjies het waardeur die Suikerbekkies dan hulle lang dun snaweltjies druk om van die suikerwater te drink.

Die houer hou 500 ml. watermengsel en daar is vier voëltjes wat elke dag op ‘n gereelde basis kom drink. Wat baie interessant is, is dat tussen die vier voëltjies, neem dit hulle sewe dae om die houer leeg te drink. Hulle “verbruik” is dus nagenoeg 70 ml. per dag per voëltjie.

Die wonder van God se skepping!

Theo en Rina