Pssssssst, gehoor wat sê die slimmes van: Vye?


Daar is baie genesende krag in vye. In die Bybel lees ons dat Hiskea vyekoeke gebruik het as geneesmiddel. Dit is baie ryk aan vitamines en minerale.

Vye is ‘n baie sterk alkali wat die suurstofvlakke in jou liggaam stabiliseer.

Dit dien ook as ‘n sterk antifungi op vratjies. Breek ‘n vy van sy steeltjie af. Vat ‘n bietjie van die wit vyemelk wat uitloop en sit dit op die vratjies.

Vye is ‘n antikanker produk en vernietig vyandige bakterieë in jou liggaam. Dit bring die liggaamstemperatuur af en verlig inflammasie. Om ‘n pitsweer oop te kry, split ‘n vy in twee, maak dit warm en sit dit direk op die sweer – dit trek die kwaad uit.

Gedroogde vye verlig hardlywigheid. Gebraaide vye is ook goed om op bloeiende aambeie te sit.

Vir ‘n seer keel, kook 4-5 vye in 1 liter water, en drink die sap. Dit werk!