Pretoria word myndorp


’n Myn gaan opgerig word in die noordelike deel van Pretoria, bekend as Doornpoort.

Sable Platinum het reeds ’n aansoek ingedien om platinum, vanadium en ystererts te ontgin in die gebied.

Die moontlikheid is nie uitgesluit dat myn aktiwiteite reg langs die N4 hoofweg, na Rustenburg loop, gemyn kan word nie.

Sable Platinum het reeds met prospektering na platinum by Doornpoort 295JR begin.

Die plaas is binne 5 km van die noordelike buurte Montana, Sinoville en Annlin geleë.

Sable het ook reeds ’n aansoek om prospekteer regte vir vanadium en ystererts ingedien.