Charlize Theron, donateur van ANC


Charlize Theron is een van die enkel grootste privaat donateurs van die ANC.

Van 1996 tot 2008 het sy R3.6 miljoen tot die ANC se verkiesingskampanjes bygedra. Sy het ook R250 000 aan die ANC se vroueliga en jeugliga geskenk.

Die verslag van die bydraers is slegs tot 2009. Volgens die verslag van die kantoor van die Direkteur-Generaal van die Tesourie van 2004 word geopenbaar dat Theron se AfricaOutreach Project sal as deel van die lopende koste, ‘n jaarlikse donasie van R800 000 aan die Jeugliga skenk. Dit kan dus aanvaar word dat sy voortgaan met haar bydraes.

Theron lewer nie net monetêre bydraes nie. In 2010 het haar Africa Outreach Project ‘n aanbod aan Julius Malema se regspan gemaak om hulp te verleen met regsadvies in sy saak teen Afri Forum. Ofskoon die aanbod van die hand gewys is, het Charlize ‘n persoonlike bydrae van ‘n onbekende bedrag tot Malema se regsfonds gemaak.