Hierdie boom het sommer verskillende name, o.a. Tamarillo, “Dutch eggplant” of “the nightshade plant”. Die Boomtamatie is oorspronklik van Peru, Suid Amerika, afkomstig. Hy is nie familie van die Sharon vrug of Persimmon nie. Sy smaak kan vergelyk word met ’n tamatie, kiwivrug, koejawel of ’n matige grenadillasmaak.
Dit is ’n vinnig groeiende boom en kan tot 5 meter hoog word. Hy lewer na 4 jaar sy beste vrugte en die boom sal omtrent 12 jaar bly lewe. Een boom kan tot 20 kg. vrugte per jaar lewer. Die boom moet elke jaar gesnoei word vir die beste resultate. Die jong uitloopsels aan die bo-punt van die boom kan uitgesny word en so kan u die boom se vorm beheer. Sy takke is nie baie sterk nie, en breek maklik wanneer hy baie vrugte dra.
Die blare is groot en het ’n sterk reuk. Die blomme is pienk/wit en hang is trossies van 10 tot 50 blommetjies aan die kort dun stingeltjies. Hulle vorm 1 tot 6 tamaties aan ’n trossie. Die blomme ruik heerlik en lok insekte en voëltjies vir bestuiwing. Die boom kan van steggies of met saad geplant word. Hy verloor sy blare in die winter, in sommige koeler gebiede. Hy groei die beste in warmer klimate en moet gereeld water kry. Die boom is sensitief vir sterk wind en omdat hy nie ’n baie sterk wortelstelsel het nie, kan hy baie maklik omgewaai word. Die boomtamatie aard baie goed in areas waar daar sitrusbome geplant word. In warm gebiede kan hierdie boom regdeur die jaar vrugte dra. Die Boomtamatie is redelik siektebestand. Ongelukkig is hy geneig om meeldou te kry en tamatiewurm val hom ook aan.
Wanneer ons die eerste keer hierdie vruggies aan die boom sien hang, lyk dit soos oranjerooi pruime wat in die meeste gevalle ovaalvormig is. Die vrugte is sowat 3,5 cm by 2,5 cm groot en is eetbaar en het ’n effense tamatiesmaak. Dit kan net so geëet word of in mengelslaai gebruik word. Dis nou ’n vrug met min vleis en baie sade! Ons kan die heerlikste konfyt en blatjang daarvan kook, volgens tamatieblatjang en tamatiekonfyt resepte. Daar is verskeie ander resepte ook waarin hierdie tamatie gebruik kan word. Almal hou egter nie van die smaak nie. Die vruggies bevat baie vitamiene en yster en bevat net 40 kilojoules per vruggie.
Baie tuiniers plant hierdie boom eintlik vir die snaaksigheid en die pragtige trossies vrugte wat hy dra.
Geniet soveel van hierdie tamaties as wat u wil en tuingroete tot volgende keer.
Die smaak is nie veel “wilder”as die smaak van olywe nie.
Mens moet leer om van hom te hou.
Dankie vir die inligting,. Veral dat mens van hom konfyt en blatjang kan maak.
Die boomtamatie is ‘n heerlike “vrug”. Ek kook self konfyt en blatjang van dit en dis regtig heerlik. Op internet is daar verskeie resepte beskikbaar.
Rina
Watter tyd van die jaar word die saadjies gesaai?
Die boomtamatie se saadjies of steggies word in die lente gesaai of geplant. Hulle groei baie maklik en dra oorvloedig. Die boomtamatie is nog jonk dan dra hy al baie vruggies. Hoop jy kan saadjies in die hande kry.
Rina
Was daar al iemand wat probeer het om van die boomtamatie n’ Bonsai te maak ??
Alex die boomtamatie se blare is te groot om bonsai van te maak en dit groei geweldig vinnig.
Rina gee raad asb! Watse resep is beste vir ‘n tamatiekonfyt! Ekt ‘n Boom Tamatie boom al vir 3 jaar en nog nooit die vrugte gebruik! Ek wil voor die winter! Wanneer is die beste tyd om hulle te pluk? Hulle is baie donker al! Groete Ronel – Centurion
kan iemand my se war kan k boomtamatie saad in di hande kry asb
Weet iemand dalk waar ek die vrugte kan koop? Ek soek elke keer by Fruit & Veg maar niks!
Kan iemand dalk vir my se of die boompies verplant kan word. My saad het vreeslik goed op gekom maar met die vreeslike hitte heel verbrand. Ek het een boompie omtrent n meter hoog wat ek wil uithaal as ons verhuis.
Ek het myne al 2 maal uitgehaal en op ‘n ander plek geplant. Hy groei goed en dra baie vrugte +/- 1.7meter hoog, het nou 54 vruggies aan.
Hoe oes en behandel ek die saad. Bly tans in Saudi.
Waar kan ek asb tamatie boom saad kry. Dankie laat weet my net.
Waar kan ek asb tamatie boom plantjie of saad kry laat weet my asb. Dankie.
Helo Rina
Kan jy dalk help met watter resepte jy gebruik vir hierdie Boomtamatie se vrugte?
Baie dankie
Diana
My boomtamatie is so 2 jaar oud en staan al oor die 2.5m hoog, maar nog nooit blomme of vrugte gedra nie. Is daar hoop, of moes hy al teen die tyd gedra het?
Ek het ‘n boom en kan vir jou saad gee. Ek bly in Stilfontein, Noord Wes.
Ek het ‘n boomtamatie en hy het nou vrugte aan. Sal vir jou kan saad maak. Ek bly in Stilfontein Noord Wes.
Ons woon in Villieria Pretoria en het 4 bome wat vrugte dra. Die probleem is dat ek nie weet
wat om met die vrugte te maak nie. Die skil is redelik taai moet dit afgeskil word as mens dit gebruik vir konfyt/blatjang?
Kan hierdie boom in ‘n groot pot geplant word?
Ons skrywer is nie seker nie.
Francois, ek sal ook bitter graag saad wil hê en is bereid om te betaal daarvoor
My boomtamatie is so 2,5m hoog. Di 1ste jaar was dis so +- 6 maande voor my vrugte ryp was. Die boom het in Oktober 2016 weer geblom, en die vrugte is nou reeds besig om ryp te word.
My 1ste oes was so om en by 10kg vrugte.
Hierdie keer is daar sigbaar baie meer vrugte.
waar kry saad wat ek soek dit dankie
Ek het ‘n boom wat baie dra. Saad kan van die vruggies gekry word. Tans in drag.
Kontak my direk.
Bellville omgewing – Kaap
Francois Meyer, bly nog in Stilfontein? Ek sal graag saad by jou wou koop. Ek bly in Welkom en het groot geword met Boom tamaties in die huis. Sal dit aard in hierdie area? My lemoen en suurlemoenboom gaan goed aan
my boom het gedurig so klein groen goggas op die blare lyk soos luise hoe kan ek dit beheer die blare word dan bruin en val dan af help asb
Ek het in Roodepoort groot geword met die boom tamatie my pa het ook jam en blatjan gemaak met die vrug. Ek bly in Randfontein Gauten en het net sukses met my boomtamaties. Die enigste ding wat nadelig is vir die plant is black frost dan moet die plant bedek word vir die winter. Hoe meer water hoe meer vrugte en oggend son. Die boom groeie beter naby ‘n muur of naby ‘n groot boom of struik vir skaduwee.
Woonin Boksburg aan die Oos Rand. Ek het eerste keer kennis gemaak so drie jaar terug, van die vrugte saad gekweek. Die plantjies wat opkom breek maklik. Het die plant in die huis in die sonkamer laat groei en vandag prgtige boom met baie vrugte heel jaar gehad. gaan die jaarweer baie plante prober kweek want al my vriende soek n boom.
Moet die sade droog word voor jy dit plant of kan ek die Boomtamatie se vrug oopsny en netso plant?
Ek het nou n klein boomtamatie plant gekry kan iemand my help asseblief. Ek wil weet of dit direkte son moet kry en of dit in skadu geplant moet word
Ek is op soek na tamatietjies of Saad asseblief
Tel 0835070512 dankie
Middag. Hoe lank need Dit vir n boom tamatie om ryp re word
Waar kan ek n boomtamatie of plantjie kry.
Is n boomtamatie rypbestand?
Boomtamatie hou nie van ryp nie veral nie swaarryp wat in die Vrystaat voorkom nie.. boervrou
Boomtamatie is gladnie lief vir ryp nie veral nie die swaar ryp van die Vrystaat nie…. tensy jy hom in winter kan toemaak
Francios of enige iemand wat saad het ek is dringend opsoek na saad om te koop sal posgeld ook betaal. Weet net nie hoe gaan ons maak nie. Boervrou
Boomtamatie is gladnie lief vir ryp nie veral nie die swaar ryp van die Vrystaat nie tensy jy hom kan toemaak.
Francios of enige iemand wat saad te koop het ek soek dringend sal posgeld ook betaal weet net nie hoegaan ons maak nie. Groetnis boervrou
Ek het boomtamaties by iemand gekry. In die vleis gedeelte is daar klipharde ovaalvormige goedjies. Dit is so hard soos been… Ek wil graag weet is dit steekplekke of wat is dit?
Kan iemand my help met ontkieming van saad asb
Ek het gevind dat die boom die beste groei tussen ander bome. As ons die vrugte pluk, dan byt ek die onderste punt af, en suig die pitte uit. Baie ryk aan Vit C
Ek is vqn Stilfontein. Ek soek graag die saad van die boom tamatie of n boompie asb
Ek het saad gekry om vir ander mense aan die groei te kry maar weet nie hoe moet ek die saad hanteer vir ontkieming nie. Word dit net soos ‘n gewone rooi tamatie se saad geplant of is daar ‘n ander metode wat toegepas moet word asb? Ek het ‘n paar in grond geplaas en ‘n ander paar tussen watte om te kyk watter sal ontkiem maar ek het nog geen sukses met enigeen van hulle gehad nie. Help asb.