’n Struik – Kooigoed / Helichrysum petiolare


Hierdie is ’n aromatiese kruieplant. Kooigoed is ook bekend as die “liquorices plant. Oorspronklik van Suid-Afrika en ook bekend in Portugal en die VSA. Helichrysum petiolare is afgelei van Grieks, “(h)elios – vir son en chrysos vir goud, hoewel die blomme eintlik room is en nie goudkleurig nie, en petiolare verwys na die lang stamme waaraan die blommetjies verskyn.

Die plant word 50cm tot 1 x 1 meter groot. Die plant groei baie dig en is ’n altyd groen struik en het wollerige grys-groen aromatiese ronde blaartjies en dra oorvloedige klein room/wit blommetjies op lang stamme. Dis ’n baie dekoratiewe plant in die midsomer en is ’n pragtige grondbedekker. Dit versprei vinnig en groot en moet gereeld teruggesny word. Dit groei in die droër binnelandse gebiede en ook op beskermde hange, in sekere Wes-Kaap gebiede en ook in Natal.

Die Koisan het die blaartjies van die plant gedroog en hul matrasse daarmee opgevul omdat dit so heerlik ruik. Hulle het dit ook gebruik om aan die vel te smeer om insekte en parasiete weg te hou. Die blare word ook gebruik om op wonde te sit om infeksie te voorkom en hul word ook gebrand en ingeasem om asma te behandel. Die blare en stingels word gekook en dan as ’n tee gedrink om hoesbuie en koors te verminder.

Die plant kan van steggies of van saad gekweek word. Dit moet in die herfs gesaai of geplant word in volson en goed gedreineerde grond.

Nie geweet dat “kooigoed” nou “kruigoed” geword het nie? Kruiegroete tot volgende keer