Psssssst, het jy gehoor wat sê die slimmes van: knoffel?

Wat ‘n fantastiese groentesoort wat die Here gemaak het! Dit gee die asem wel so ‘n vreemde klankie, maar sy voordele is net eenvoudig wonderlik:
• Knoffel is ‘n eeue-oue antibiotika wat enige vorm van ontsteking in die menslike liggaam beveg en bestry.
• Dit versterk die immuunstelsel.
• Dis antikanker.
• Dis antiverkoue- en antigriepmiddel.
• Dit help om diabetes te beveg.
• Knoffel dood parasiete in jou liggaam.
• Dit beveg gewrigsontsteking.
• Dit haal lood en swaar metale uit jou liggaam.
• Knoffel is ‘n wonderlike bloedreiniger en is baie goed vir die stimulering van jou hartkleppe en spiere.
• Dit help vriendelike bakterieë in jou maag en dermkanale kweek wat lewensbelangrik is vir jou voortbestaan.
• Knoffel bring koors en hoë bloeddruk af.

Wanneer jy knoffel eet, eet pietersielie saam met dit- dit help om jou asem vars te hou. Anders kan jy ook ‘n appel eet of suurlemoensap sluk.