Zuma-plan met grond onteiening

Die Federale Vryheid Party het skerp gereageer na aanleiding van mnr. Zuma se gedagtes rondom grondhervorming.

Die onderstaande is ’n greep uit die verklaring wat op Die Vryburger se lessenaar gekom het.

Volgens Zuma, moet daar plaaslike komitees gestig word wat dan 20% van die landbougrond in die distrik moet identifiseer vir grondhervorming. Sukkelende boere, grond in boedels en naweekboere se grond is die eerste teiken. Die staat sal dan 50% van die waarde betaal en dan moet die res opgemaak word deur skenkings van die ander boere in die distrik, hetsy kontant of ander vergoeding.

Die verskuilde dreigement kan duidelik gesien word. Boere wat help om swart boere te vestig sal SEB (BEE) status gegun word en hulle grond sal nie in gevaar wees nie! In soveel woorde draai Zuma nou die wit boere teen mekaar! Hoe meer wit boere jy kan uitkoop, hoe veiliger is jou grond…

In ag geneem dat sukkelende wit boere in die visier is, is hierdie ‘n lafhartige strategie om mense in ‘n benarde situasie verder uit te buit. Volgens die einste President Zuma dra die 37 000 wit boere sowat 90% by tot die landbou. Nou stel hy ‘n ultimatum vir die wat nog hulle grond wil hou om hulle bure uit te koop!