Studiebeurs slegs vir blanke studente

Dit is binne iemand se reg om ’n beurs slegs aan studente van witmense beskikbaar te stel, het die appèlhof beslis.
Die beslissing kom nadat Daphne de Villiers van Stellenbosch in haar testament bepaal het dat die trustees van die Jean Pierre de Villiers Trust, wat deur haar gestig is, moet R250 000 per jaar aan blanke studente by vier universiteite toeken.
Die vier universiteite, Stellenbosch, Pretoria, Vrystaat en Kaapstad, het egter geweier om by die beurse betrokke te raak weens die rasse konnotasie waarmee dit gepaardgaan.
Vyf regters het egter Vrydag beslis dit sou nie help om die hof te nader met ’n aansoek dat alle studente, ongeag die rassegroep, daarvoor moet kwalifiseer nie aangesien dit nie De Villiers se laaste wens was nie.
De Villiers is glo voor haar dood gewaarsku dié wens kon problematies wees, maar sy het daarop aangedring.
Die hof het ook beslis dat, volgens De Villiers se laaste wens, die geld na ’n welsynsorganisasie sou gaan indien daar nie ’n wit student gevind kon word wat daarby sou baat nie.