Baie van die lesers is reeds bewus van die stappe wat geneem word om weer ’n Pretoria Belasting Betalers Vereniging te laat herrys.
Dr. Derik Minnaar en Sunette Bridges het dit op hulle geneem om die vuurhoutjie te trek, en daar het toe ’n hele paar dinge gebeur.
Uit die aanvanklike bekendmaking van die poging, is heelwat navraag en aansporing gekry, en geen negatiewe kritiek nie.
Derik en Sunette nooi almal hartlik uit om hierdie geleentheid te kom beleef en aktief betrokke te raak by ’n baie belangrike saak wat ons almal raak.
Dr. Minnaar sê dat hy by die ANC geleer het is wat ons nog moet inoefen, naamlik om saam te staan vir n saak: “Eendrag maak mag”.
Die vergadering is gereël vir Maandag aand 22 Oktober om 18h30, in die saal van die NG kerk Elarduspark.
Lesers sal ’n padkaart vind op die kerk se webwerf (google NGkerk Elarduspark).
Die doel van die vergadering sal wees om die werkwyse, lidmaatskap, betrokkenheid, bestuur en allerlei te bespreek vir die belastingbetalers vereniging.
Absoluut nodig sodat Tshwane bewus raak van Pretoria
Sal beslis die vergadering bywoon. Dis al lankal tyd dat ons ophou om die ANC wat besig is om ons lewendig te begrawe te finansier. Mens gee nie geld aan jou vyande wat besig is om jou te vernietig nie. Dis kranksinnig! Die saak moet ook deurgetrek word na inkomstebelasting. Dis ons laaste hoop om ons mooi land van die sprinkaan te red!
Gerrie Venter
Jammer stigtingsverg misgeloop. Maar met korrupsie en Bankrot munisipaliteite en dienste wat tot niet gaan. Moet ons saamstaan tot ons eie behoud en instandhouding. Hartbeespoort word ook nou by Pretoria ingelyf en om al my hardverdiende geld vir die ‘fat cats’ te voer laat lankal my bloed kook. Ons val lankal uitmekaar soos die res van Afrika nadat die sogenaamde ‘koloniseerders’ onttrek het. Jy’s reg Eendrag maak mag. … vir ons mooie land se behoud
Wat het hiervan geword, ek het nog nie eens gehoor van Pretoria se belastingbetalers vereniging nie. Ek neem aan dit het nooit tot stand gekom nie?
Bravo!!!Oktobermaand 2018 is te lank om voor te wag!!!!
Ek het in 2010 lid geword van die PBBV maar nooit weer iets van hulle gehoor. Wat het geword van die organisaie?