Die muilband van konserwatiewe blanke groepe

Op die 10de Oktober 2012 is ‘n nuwe politieke party gestig, genaamd die Federale Vryheidsparty (FVP). Joernaliste van Media24 is persoonlik uitgenooi en sommiges het selfs laat voorkom dat hulle die geleentheid sou bywoon. Daar het egter geen joernalis opgedaag nie.
Gesien in die lig van die huidige situasie kon mens hierdie afwesigheid verskoon omdat daar baie ander nuuswaardige gebeure aan die gang is. In laasweek is daar egter ‘n mediaverklaring uitgereik deur die party, (sien onder), wat spesifiek handel oor ons kommer rakende die blankes se veiligheid in Suid Afrika. Weereens is ons eenvoudig ignoreer.

In dieselfde week handig die Volksraad ‘n eis tot Selfbeskikking in by die kantoor van die President. Weer word dit eenvoudig ignoreer.

Die vraag op almal se lippe is- Hoekom muilband Media24 die stem van ‘n kulturele volk in Suid Afrika? Het ons nie die reg op bestaan nie? Die verskoning dat dit nie nuuswaardig is nie, dra nie water nie, in dieselfde tyd het julle allerhande berigte geplaas van minder of geen nuusbelang nie.

Is hier ‘n opsetlike poging aan die gang om ons as volk te smoor? Wat is julle agenda dat julle nie eers ‘n klein berig kan plaas oor iets wat duisende mense bekommer nie? Sou dit een of twee keer die geval wees dat ‘n nuuswaardigheid deur julle vingers val sal mens dit kan verstaan, maar dit is baie duidelik dat hier ‘n opsetlike poging is om ons stil te hou.
Die media is besig om dieselfde te doen as President Zuma, naamlik, in demokrasie het die groter groep meer regte as die kleiner groep. In die media word die kleiner groepe eenvoudig ignoreer. Dink u as meningsvormers van die volk regtig dat ons so blind is? Dink u ons is onnosel genoeg om dit so te aanvaar? Hierdie gedrag is onaanvaarbaar. As Media24 wil aanhou met hierdie agenda om ons mense te muilband, sal die volk, ja julle lesers, hulle rug op julle draai.

Boere-Groete,

Willie Cloete
Kanselier: Federale Vryheidsparty