Sweepslag – JuJu vir Dominee!!

JuJu vir Dominee!!

Julian Muller het nou die arme NG lidmate so deurmekaar soos ‘n DA stemmer by ‘n Geloftefees, alles is vreemd. Die arme mense kan net nie uit hul skulgevoelens geklouter kry nie. Julian reken die NG Kerk moet nog op drie vlakke bekeer. Hulle dienste is nog te wit, hulle wil nie na ‘n preek luister van iemand wat vir die ander span speel nie en hulle wil nie Belhar bely nie.

Dit is darem ‘n bitter anti retroviale pil om te sluk as mens so beskuldig word. As jy dan nou reeds die deure oopgegooi het, goth niggies, heidene en humaniste op die kansel het, ‘n orkes wat oom Ollie sal opgewonde maak en die prediking met sedelessies uit films en die huisgenoot vervang het, wat moet dan nou nog gedoen word om bietjie kleur in die kerk te kry? Nou trap ou Julius die witmense by die kerk uit omdat die swartmense swak bywoon!? Wat moet tant Anna nou daaraan doen? Moet sy nou alweer bekeer omdat haar tuinjong nie kerk toe kom nie? Miskien kan hulle Julian nou met sy amperse naamgenoot vervang, hy lok nogal donker skares waar hy preek, dan sal die kollektegeld ook sommer skoonkom! Andersinds sal die ooms maar die mense van die straat af begin injaag, maar dan is jy seker ‘n rassis!

Nog ‘n groter probleem sluip van agter af in soos die manne wat nie mag dominees word nie, as die beroep van Julian op die lidmate slaag. Belhar moet bely word, die ongeregtighede van die verlede moet voor jammer gesê word, maar as die kerk dan nou vol jeugligalede sit, moet hulle dan vir Apartheid jammer sê? Jeugliga lede het eers heelwat later leer bomme plant en toi toi. Daar kan nie verwag word van hulle om jammer te sê vir dinge wat hul ouers en grootouers gedoen het nie!
Die geslagsverwarde predikante sal ook nie werk nie. Daardie mense sal dit nooit tot in die kerkgebou maak nie, wat nog van die kansel. Hoe kom jy by die kerk in as jy uitgange vir ingange wil gebruik en niks van ingange wil weet nie!

Tot volgende slag

Die Sweep