Psssssssst, gehoor wat se die slimmes van: Aarbeie?!

Die aarbeiplantjie groei die beste in ryk, vogtige goed gedreineerde grond en verkies sonnige plekke. Die blare van hierdie plant is ‘n seëning vir swanger vrouens (moet asb nie verdere vrae vra nie, die manne gaan vreeslik bloos!). Hoe ook al, jy kan 2 tot 3keer per dag aarbeiblaar tee drink vir ‘n maklike bevalling.

Aarbei tee is ook ‘n wonderlike mondspoelmiddel vir ‘n seer mond, koorsblare, geïrriteerde tandvleise en vir ‘n seer keel.

Waarskuwing: Die O-bloedgroepe moet versigtig wees vir te veel aarbeie eet; hy kan baie suur gee.

En het u geweet dis die enigste vrug wat sy saad aan die buitekant van die vrug dra?