Afriforum verleen regshulp

Die Rooimiere het in oorleg met die burgerregte-organisasie Afriforum plakkershutte op ‘n besette stuk grond by Wallmanstal verwyder. Die “erwe” op dié stuk grond tussen die Wallmannstal-weermagbasis en Ludwig’s Roses is deur onwettige verkopers vir tussen R400 en R1 500 elk aan die mense verkoop wat toe hul hutte daar opgeslaan het.

Dié grond is in ’n grondeis aan die Wallmannstal Communal Property Association (WCPA) toegeken nadat die regering dit in 1968 van hulle weggevat het.

Cornelius Jansen van Rensburg, AfriForum se hoof van gemeenskapsake, het gesê van die sowat 6 000 woonstrukture was sowat 15% beset deur plakkers.

Afriforum is hierin betrokke om die belange van die swartes te beskerm wat hul grondeis onder die vaandel van die WCPA voer. Afriforum, ’n burgerlike organisasie, is nou direk betrokke om swartes se belange te dien in grondeise met fondse wat waarskynlik uit die rasgemengde struktuur se ledegeld finansier word.

Die optrede van Afriforum bevestig dat die organisasie alle bevolkingsgroepe se belange dien weens sy samestelling as multi-kulturele burgerlike struktuur.

AfriForum se regspan het die WCPA bygestaan.

“Die stryd om die WCPA se grondregte te beskerm, is egter nog nie verby nie omdat plakkers op die twee aangrensende gebiede, Haakdoornlaagte en Buffelsdrift, ook verwyder moet word.

AfriForum sal die regstryd voortsit totdat die hele gebied wat aan die WCPA toegeken is, ontruim is,” het Jansen van Rensburg gesê.

Die grondeis is in lyn met die ANC se beleid van grondroof wat “op ’n wettige wyse” plaasvind. Die grond is in die sestigerjare terug geplaas in die hande van die oorspronklike eienaars. Die ANC het egter met ’n grondeis gekom wat nou deur Afriforum ondersteun word.